A A A A A
2 Samuel 17
11
“Ek beveel aan dat u die hele Israel, van Dan tot Berseba, oproep, ’n menigte so talryk soos die sand by die see. Dan moet u self die troepe lei.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

11
Daarom sê ek jy moet eers al die manne van Israel by jou laat bymekaarkom, almal van die stad Dan tot by die stad Berseba. Hulle moet so baie wees soos die sand by die see, en jy moet self saam met hulle gaan.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

11
“My plan sal wees om eers al die Israeliete wat kan veg, van Dan in die noorde tot by Berseba in die suide, bymekaar te maak. Maak soveel manne bymekaar as wat daar sandkorrels op die seestrand is. Gaan veg u dan self saam met hulle.
Afrikaanse Bybel DB 2006

11
Nee, ek raai aan dat die hele volk oor die lengte en breedte van die land eers by u bymekaargeroep word: 'n menigte soos die sand van die see. Dan kan u persoonlik teen hom opruk.
Afrikaanse Bybel 1983

11
Maar ek raai aan: Laat die hele Israel van Dan tot Bers,ba, soos sand wat aan die seestrand is in menigte, voltallig by u versamel word; en u moet persoonlik in die stryd trek.
Afrikaanse Bybel 1933/1953