9 |
“My heer die koning,” antwoord sy, “laat enige skuld op my en my familie neerkom, want die koning en sy troon is onskuldig.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
9 |
Maar toe sê die vrou van Tekoa vir die koning: “Meneer die koning, as iemand iets verkeerd gedoen het, dan is dit ek en my familie, jy is onskuldig.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
9 |
Maar die vrou van Tekoa sê vir hom: “U Majesteit, maar my skoonfamilie gaan my en my eie familie beskuldig. Hulle sal nie die vinger na u of u regering wys nie.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
9 |
Maar die vrou sê: “U Majesteit, dit is ek en my gesin wat by hierdie saak betrokke is, nie u en u troon nie.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
9 |
Daarop sê die vrou uit Tekoa aan die koning: Op my, my heer die koning, en op my familie sal die skuld rus, maar die koning en sy troon is onskuldig. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|