A A A A A
2 Samuel 14
4
Toe die vrou van Tekoa by die koning kom, het sy voor hom op die grond neergeval en uitgeroep: “Koning! Help my tog!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

4
Die vrou van Tekoa het toe met die koning gaan praat. Sy het gebuig met haar gesig teen die grond en sy het gesê: “Koning, jy moet my help.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

4
Die vrou van Tekoa is toegelaat om met die koning te praat. Sy het op haar knieë voor hom gaan staan en met haar gesig teen die grond gebuig. Sy het gesê: “Help my asseblief, my koning!”
Afrikaanse Bybel DB 2006

4
Die vrou van Tekoa het toe 'n onderhoud met die koning gehad. Sy het voor hom op haar knieë geval en gebuig. “Help my tog, U Majesteit,” het sy gesmeek.
Afrikaanse Bybel 1983

4
En die vrou uit Tekoa het by die koning ingekom en op haar aangesig op die grond geval en gebuig en gesê: Help, o koning!
Afrikaanse Bybel 1933/1953