A A A A A
2 Samuel 14
32
Absalom het geantwoord: “Kyk, ek het jou laat roep om die koning te vra hoekom hy my uit Gesur laat terugkom het as hy nie van plan was om my te sien nie. Ek kon maar netsowel daar gebly het. Laat my die koning sien. As ek skuldig is, moet hy my teregstel.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

32
Absalom sê toe vir Joab: “Luister na my, ek het jou laat roep om hiernatoe te kom. Ek wil jou na die koning toe stuur. Ek wil hê jy moet vir hom vra hoekom hy gesê het ek moet terugkom uit Gesur. Dit sou vir my beter gewees het as ek daar gebly het. Daarom, ek wil nou die koning sien, en as ek skuldig is, dan moet hy my doodmaak.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

32
“Omdat ek jou hoeveel maal laat weet het ek wil jou sien!” sê Absalom vir hom. “Ek wil jou na die koning toe stuur. Jy moet vir hom gaan vra hoekom ek teruggekom het van Gesur af. Ek kon maar net sowel daar gebly het! Die koning moet my toelaat om hom te sien. As ek skuldig is, moet hy my maar laat doodmaak.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

32
Hy het geantwoord: “Man, kyk, ek het jou laat weet: ‘Kom hiernatoe; ek wil jou na die koning toe stuur om te vra waarom ek uit Gesur gekom het.’ Dit sou vir my beter gewees het as ek nog daar was. Ek wil nou met die koning praat. As ek skuldig is, laat hy my dan doodmaak.”
Afrikaanse Bybel 1983

32
En Absalom sê vir Joab: Kyk, ek het na jou gestuur om te sê: Kom hierheen, dat ek jou na die koning kan stuur om te vra: Waarvoor het ek van Gesur af gekom? Dit was vir my beter as ek nog daar was. Ek wil dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar by my skuld is, laat hy my dan doodmaak.
Afrikaanse Bybel 1933/1953