30 |
Toe sê Absalom vir sy dienaars: “Kyk, Joab se grond lê langsaan myne en daar staan gars daarop. Gaan steek dit aan die brand.” Absalom se dienaars het gemaak soos hy gesê het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
30 |
Absalom sê toe vir sy slawe: “Julle sien die land van Joab hier langs my grond. Joab het gars wat daarop groei, gaan steek dit aan die brand.” Die slawe van Absalom het toe die gars aan die brand gesteek. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
30 |
Toe sê Absalom vir sy werkers: “Julle ken mos Joab se stuk land hier langs myne waar hy die gars geplant het. Gaan steek dit aan die brand!” Die werkers het die stuk land aan die brand gesteek. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
30 |
Absalom sê toe vir sy slawe: “Kyk, Joab het 'n stuk land net hier langs my. Hy het gars daarop. Gaan steek dit aan die brand.” Die slawe van Absalom het toe so gemaak. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
30 |
Daarop sê hy aan sy dienaars: Kyk, Joab se stuk land is langsaan myne, en hy het gars daarop; gaan steek dit aan die brand. En Absalom se dienaars het die stuk land aan die brand gesteek. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|