A A A A A
2 Samuel 14
20
Hy het dit gedoen om ’n ander kant van die saak te stel. Maar u het wysheid soos ’n engel van God wat alles weet wat in die land gebeur!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
Maar Joab het dit gedoen omdat hy die verkeerde ding wil regmaak, en Meneer het die wysheid van 'n engel van God, jy weet alles wat in die land gebeur.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
Joab het dit gedoen sodat u ’n bietjie uit ’n ander hoek na die saak kan kyk. Maar, U Majesteit, u is so slim soos ’n engel uit die hemel; u weet alles wat in die land gebeur.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
Joab het dit gedoen om 'n verandering in die loop van sake te bring. Maar u praat byna met die wysheid van 'n engel van God: u weet werklik alles.”
Afrikaanse Bybel 1983

20
Om die saak 'n ander voorkoms te gee, het u dienaar Joab hierdie ding gedoen. Maar my heer is wys soos die wysheid van 'n engel van God om alles te weet wat op die aarde gebeur.
Afrikaanse Bybel 1933/1953