A A A A A
2 Samuel 14
2
Hy laat roep toe ’n vrou van Tekoa wat bekend was vir haar wysheid. Hy sê vir haar: “Maak of jy iemand is wat rou. Trek rouklere aan en moenie reukolie gebruik nie. Tree op soos ’n vrou wat vir ’n lang tyd al treur oor iemand wat dood is.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Joab stuur toe iemand na die stad Tekoa en hy laat haal 'n wyse vrou wat daar gewoon het. Hy het vir haar gesê: “Jy moet asseblief huil en treur en rouklere aantrek, jy moenie olyf-olie aan jou smeer nie, en jy moet wees soos 'n vrou wat aanhou treur oor iemand wat dood is.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Joab laat haal toe ’n slim vrou uit Tekoa en sê vir haar: “Maak of een van jou mense dood is en trek rouklere aan. Moenie enige parfuum of grimering aansit nie. Dit moet lyk of jy al lank huil oor ’n familielid wat dood is.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Toe ontbied hy 'n slim vrou van Tekoa af en sê vir haar: “Jy moet baie hartseer lyk. Trek rouklere aan en moenie skoonheidsmiddels gebruik nie. Gedra jou soos 'n vrou wat al lank rou oor iemand wat dood is.
Afrikaanse Bybel 1983

2
het Joab na Tekoa gestuur en daarvandaan 'n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos 'n vrou wat al baie dae rou oor 'n dode.
Afrikaanse Bybel 1933/1953