A A A A A
2 Samuel 14
15
“Ek het na u toe gekom om vir my seun te pleit omdat ek bang was vir die mense. Ek het vir myself gesê: ‘Laat ek met die koning praat. Dalk sal hy iets aan my probleem doen.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
En nou, ek was bang vir die mense. Koning, daarom het ek gekom om met jou te praat oor my probleem. Ek het gedink ek moet met die koning kom praat, miskien doen jy iets en help my met my probleem,
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
“Ek het dit gewaag om met my koning hieroor te kom praat. Omdat die mense my bang maak, het ek gedink: ‘Ek sal met die koning gaan praat. Miskien sal hy doen wat hierdie nederige vrou vir hom vra.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Ek het nou hierdie saak met die koning kom bespreek omdat die mense my bang gemaak het. Ek het gedink ek wil met die koning praat. Miskien doen die koning iets aan my saak.
Afrikaanse Bybel 1983

15
Dat ,k dan nou kom om hierdie woord met my heer die koning te spreek, was omdat die volk my bevrees gemaak het. Maar u dienares het gedink: Laat ek tog met die koning gaan spreek; miskien sal die koning die wens van u dienares uitvoer.
Afrikaanse Bybel 1933/1953