10 |
“Moenie jou daaroor bekommer nie!” antwoord die koning. “As iemand hieroor met jou praat, bring hom na my toe. Hy sal jou nie weer pla nie!” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Toe sê die koning: “Wanneer iemand met jou praat oor hierdie ding, dan moet jy hom na my toe bring. Ek sal seker maak dat hy jou nie weer pla nie.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
“As iemand iets daaroor te sê het, bring jy hom net na my toe. Ek verseker jou, hy sal jou nie weer pla nie,” sê die koning. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
Toe antwoord die koning: “As iemand net weer hieroor met jou praat, moet jy hom na my toe bring, en hy sal jou nie weer lastig val nie.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
En die koning antwoord: Elkeen wat met jou spreek, moet jy na my bring, dan sal hy jou verder nie meer aanraak nie. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|