A A A A A
2 Samuel 12
1
Die Here het toe die profeet Natan na Dawid toe gestuur. Hy het by Dawid gekom en vir hom vertel: “In ’n bepaalde dorpie was daar twee mans. Die een was ryk en die ander arm.
2
Die ryk man het troppe kleinvee en beeste besit.
3
Die arm man het niks besit nie behalwe ’n klein ooilammetjie wat hy gekoop het. Hy het haar versorg en saam met sy kinders grootgemaak. Sy het van die oorskietkos geëet, uit sy beker gedrink en op sy skoot gelê. Sy was vir hom soos ’n dogter.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Die Here het vir Natan na Dawid toe gestuur. Natan het by Dawid gekom en hy het vir Dawid gesê: “Daar was twee mans in 'n stad, die een man was ryk en die ander man was arm.
2
Die ryk man het groot troppe skape en bokke en beeste gehad.
3
Die arm man het niks gehad nie, hy het net een klein skaap-ooitjie gehad wat hy gekoop het. Hy het die ooitjie grootgemaak, en sy het by hom grootgeword saam met sy kinders. Die ooitjie het geëet van sy bietjie kos en sy het uit sy beker gedrink en teen sy bors geslaap. Sy was vir hom soos 'n dogter.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Die Here het Natan na Dawid toe gestuur. Toe hy by hom kom, sê hy vir hom: “Daar was twee mense in ’n dorp; die een was ryk en die ander een arm.
2
Die ryk man het baie skape en beeste gehad,
3
en die arm man net een ou ooilammetjie wat hy gekoop het toe sy nog baie klein was. Hy het haar hans grootgemaak. Sy het by hom en sy kinders in die huis grootgeword en van hulle paar stukkies brood geëet en uit dieselfde beker as hulle gedrink. Sy het baie keer op sy skoot gelê. Sy was soos ’n kind in die huis.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Daarna het die Here vir Natan na Dawid toe gestuur. Natan het by hom gekom en gesê: “Daar was twee mans in dieselfde plek. Die een was ryk en die ander arm.
2
Die ryke het groot troppe kleinvee en beeste gehad.
3
Behalwe een ou ooilammetjie het die arm man niks besit nie. Hy het haar aan die lewe gehou, en sy het saam met sy kinders grootgeword. Sy het van sy krummeltjies geëet, uit sy beker gedrink en op sy skoot geslaap. Ja, sy was vir hom soos 'n eie dogter.
Afrikaanse Bybel 1983

1
Daarom het die HERE Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.
2
Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad,
3
maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter.
Afrikaanse Bybel 1933/1953