A A A A A
2 Samuel 12
8
Ek het sy huis vir jou gegee, asook sy vroue en die koninkryke van Israel en Juda. En, as dit nie genoeg was nie, sou Ek jou nog baie meer gegee het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

8
Ek het jou koning laat word ná Saul en Ek het sy vroue vir jou gegee. Ek het jou koning laat word van Israel en Juda. En as dit te min was, dan sou Ek nog baie meer vir jou gegee het.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

8
Ek het vir jou alles gegee wat hy gehad het. Ek het vir jou sy harem ook gegee. Ek het vir jou die hele koninkryk van Israel en van Juda gegee. As dit te min was, kon Ek vir jou nog baie sulke dinge daar bygee!
Afrikaanse Bybel DB 2006

8
Ek het aan jou die koningskap van Saul gegee en boonop nog sy vrouens ook. Ek het die koningskap oor Israel en Juda aan jou gegee. En as dit nog te min was, sou Ek enigiets daar wou bygee.
Afrikaanse Bybel 1983

8
en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee, en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg.
Afrikaanse Bybel 1933/1953