21 |
Maar sy amptenare vra vir hom: “Hoe moet ons nou u optrede verstaan? Terwyl die kind nog gelewe het, het u gehuil en gevas. Maar noudat die seun dood is, het u opgestaan en geëet.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
21 |
Sy amptenare vra toe vir hom: “Hoekom doen jy dit? Toe die kind gelewe het, het jy gevas en gehuil. Maar nou is die kind dood, en nou staan jy op en jy eet.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
21 |
Die paleiswerkers sê toe vir hom: “Hoe moet ons dit verstaan? Vir so lank as wat die kind geleef het, het u niks geëet nie en gehuil, maar nou dat die kind dood is, staan u op en u eet?” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
21 |
Sy amptenare vra hom toe: “Wat doen u nou? Toe die kind nog gelewe het, het u gevas en gehuil. Nou dat die kind dood is, staan u op en u eet?” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
21 |
Toe vra sy dienaars hom: Wat is dit vir 'n ding wat u gedoen het? Ter wille van die lewende kind het u gevas en geween, maar net toe die kind dood was, het u opgestaan en brood geëet. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|