A A A A A
2 Samuel 12
10
Van nou af sal die swaard ’n permanente bedreiging vir jou familie inhou omdat jy My verag het en Urija se vrou vir jouself toegeëien het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Daarom, daar sal altyd oorlog wees in jou familie, want jy het gewys dat jy dink Ek is nie belangrik nie. Jy het die vrou van Urija die Hetiet vir jouself gevat.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Nou gaan daar altyd moord en doodslag in jou huis wees omdat jy jou nie aan My gesteur het nie en Urija, die Hetiet, se vrou vir jou gevat het!’
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
“Daarom sal die swaard nou nooit meer uit jou huis weggaan nie, want jy het My geminag toe jy Urija die Hetiet se vrou vir jou gevat het.
Afrikaanse Bybel 1983

10
En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Ur¡a, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees.
Afrikaanse Bybel 1933/1953