A A A A A
2 Samuel 11
6
Dawid het vir Joab laat weet: “Stuur Urija die Hetiet na my toe.” Joab het so gemaak.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

6
Dawid het toe vir Joab laat weet hy moet Urija die Hetiet na hom toe stuur. Joab het dit gedoen.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

6
Dawid het vir Joab laat weet: “Stuur Urija, die Hetiet, na my toe.” Joab het Urija na Dawid toe gestuur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

6
Dawid het op sy beurt 'n boodskap na Joab toe gestuur: “Stuur vir Urija die Hetiet hiernatoe.” Joab het hom na Dawid toe gestuur.
Afrikaanse Bybel 1983

6
En Dawid het Joab laat weet: Stuur Ur¡a, die Hetiet, na my. En Joab het Ur¡a na Dawid gestuur.
Afrikaanse Bybel 1933/1953