A A A A A
2 Samuel 11
27
Toe die routyd verby was, het Dawid haar na sy paleis toe laat haal en sy het een van Dawid se vroue geword. Sy het geboorte gegee aan ’n seuntjie. Maar die Here was baie ontevrede met dit wat Dawid gedoen het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

27
Toe die routyd verby is, het Dawid vir Batseba laat haal en hy het haar na sy huis gebring. Sy het Dawid se vrou geword en sy het vir hom 'n seun gekry. Die Here het nie gehou van hierdie ding wat Dawid gedoen het nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

27
Na die week verby is, het Dawid haar na die paleis toe laat bring. Hy is met haar getroud en toe die baba gebore is, was dit ’n seun. Maar die Here het niks gehou van wat Dawid gedoen het nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

27
Toe die routyd oor was, het Dawid haar na sy huis toe laat haal. Sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun in die wêreld gebring. Maar wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here.
Afrikaanse Bybel 1983

27
Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.
Afrikaanse Bybel 1933/1953