20 |
As hy kwaad word en vra: ‘Hoekom het julle so naby aan die stad gekom? Weet julle nie dat daar van die mure af op julle geskiet sal word nie? |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
20 |
‘Hoekom het julle so naby die stad gaan veg? Julle weet die vyande is bo-op die muur en hulle skiet van daar af. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
20 |
sal hy dalk kwaad word en vir jou sê: ‘Maar hoekom het julle so naby die muur van die stad geveg? Het julle nie geweet hulle gaan julle bo van die muur af met goed bestook nie? |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
20 |
en net as hy begin kwaad word en jou vra: ‘Waarom het julle so naby die stad gaan veg? Het julle nie gedink aan die mense wat bo van die muur af skiet nie? |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
20 |
as dan die woede van die koning opkom en hy vir jou sê: Waarom het julle so naby die stad gekom om te veg? Het julle dan nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie? |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|