A A A A A
2 Samuel 11
2
Een namiddag, nadat hy gerus het, het Dawid opgestaan en op die dak van die paleis rondgeloop. Van die dak af sien hy ’n besonder mooi vrou wat besig was om te bad.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Een aand het hy opgestaan van sy rusbank en hy het op die dak van die paleis gaan loop. Hy sien toe 'n vrou wat bad. Sy was baie mooi.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Laat een middag, net na sy middagslapie, het hy op die dakstoep van die paleis rondgestap. Hy sien toe van die dak af ’n vrou wat besig is om te bad. Dit was ’n baie mooi vrou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy 'n vrou sien bad. Sy was 'n baie mooi vrou.
Afrikaanse Bybel 1983

2
En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
Afrikaanse Bybel 1933/1953