A A A A A
2 Samuel 11
13
Dawid nooi hom toe om saam met hom te kom eet en drink. Hy het hom dronk gemaak, maar selfs toe het hy nog nie huis toe gegaan nie, maar weer by die ingang van die paleis by die koning se slawe geslaap.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Dawid het hom geroep en Dawid het saam met Urija geëet en gedrink. Dawid het vir Urija dronk gemaak. Maar Urija het die aand op sy bed gaan slaap by die mense wat vir die koning gewerk het, hy het nie huis toe gegaan nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Dawid het hom uitgenooi om saam met hom te kom eet en drink en hom toe dronk gemaak. Daardie aand het Urija weer op dieselfde plek by die wagte van die koning gaan slaap. Hy wou glad nie huis toe gaan nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Toe het Dawid hom geroep en saam met hom geëet en gedrink. Hy het hom selfs dronk gemaak. Maar die aand het Urija uitgegaan om op sy gewone plek saam met die slawe van die koning te gaan slaap. Hy het nie huis toe gegaan nie.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Maar die volgende dag het Dawid hom genooi, en hy het voor sy aangesig geëet en gedrink, en hy het hom dronk gemaak. Toe gaan hy in die aand uit om op sy slaapplek by die dienaars van sy heer te gaan slaap; maar na sy huis het hy nie afgegaan nie.
Afrikaanse Bybel 1933/1953