A A A A A
2 Samuel 11
10
Dawid het gehoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie. Hy vra toe vir Urija: “Wat is verkeerd met jou? Hoekom het jy nie laas nag huis toe gegaan nadat jy so lank weg was nie?”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Toe Dawid hoor dat Urija nie huis toe gegaan het nie, het hy vir Urija gesê: “Jy het ver geloop, hoekom gaan jy nie huis toe nie?”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Dawid het gehoor Urija het nie by sy huis gaan slaap nie. “Jy was dan so lank weg, hoekom het jy nie huis toe gegaan nie?” vra Dawid hom die volgende môre.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Hulle het vir Dawid gaan sê: “Urija was nie huis toe nie.” Dawid vra toe vir Urija: “Jy was mos lank weg, waarom gaan jy nie huis toe nie?”
Afrikaanse Bybel 1983

10
En daar is aan Dawid meegedeel en gesê: Ur¡a het nie na sy huis afgegaan nie. Toe vra Dawid vir Ur¡a: Kom jy nie van 'n reis af nie? Waarom gaan jy nie af na jou huis nie?
Afrikaanse Bybel 1933/1953