A A A A A
Genese 50
5
Hy sê vir hulle: “Sê vir die farao my pa het my ’n eed laat aflê. Hy het gesê: ‘Ek is op die punt om te sterf. Neem my liggaam terug na die land Kanaän toe en begrawe my in ons gesin se familiegraf.’ Ek wil nou opgaan soontoe en my pa gaan begrawe. Daarna sal ek terugkom.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

5
ek het vir my pa belowe dat wanneer hy dood is, dan sal ek hom gaan begrawe in sy graf wat hy in Kanaän gereedgemaak het. Ek wil nou asseblief my pa gaan begrawe. Daarna sal ek terugkom.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

5
Ek vra die koning se toestemming om my pa in Kanaän te begrawe. Ek sal dadelik ná die begrafnis terugkom.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

5
my vader het my 'n eed laat aflê dat ek hom, wanneer hy eendag sterf, sal gaan begrawe in die graf wat hy vir hom in Kanaän reggemaak het. Ek wil hom nou gaan begrawe en dan sal ek terugkom.”
Afrikaanse Bybel 1983

5
My vader het my laat sweer en gesê: Kyk, ek gaan sterwe; in my graf wat ek vir my in die land Kana„n uitgekap het, daar moet jy my begrawe. Laat my dan nou tog optrek en my vader begrawe. Daarna sal ek terugkom.
Afrikaanse Bybel 1933/1953