A A A A A
Genese 50
3
Hierdie proses het 40 dae geneem en was deel van die 70 dae waartydens die hele Egipte oor Jakob gerou het.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

3
Hulle het 40 dae gewerk om iemand te balsem. Ná die 40 dae het die hele Egipte 70 dae lank oor Jakob gerou.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

3
Dit het 40 dae geduur. Dit was maar die normale tyd wat dit in Egipte geduur het om ’n liggaam te balsem. Al die Egiptenaars het 70 dae oor Jakob gerou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

3
Dit het veertig dae gevat om 'n lyk te balsem, en Egipte het sewentig dae lank oor Jakob gerou.
Afrikaanse Bybel 1983

3
En veertig dae het daarvoor verbygegaan; want so lank duur die dae van balseming. En die Egiptenaars het hom sewentig dae lank beween.
Afrikaanse Bybel 1933/1953