23 |
Hy het nog drie geslagte van sy afstammelinge gesien, dié van sy seun Efraim en die kinders van Manasse se seun Makir, wat hy soos sy eie kind behandel het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
23 |
Josef het lank gelewe en hy het Efraim se kinders en kleinkinders gesien. Hy het ook die kinders van Makir, Manasse se seun, aangeneem. Hulle was soos sy eie kinders. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
23 |
Hy het lank genoeg geleef om Efraim se kinders en sy kleinkinders te sien grootword. En terwyl hy nog geleef het, is al die kinders van Manasse se seun, Magir, gebore. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
23 |
Hy het die kleinkinders van Efraim gesien, en hy kon nog die kinders van Manasse se seun Makir as sy eie aanneem. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
23 |
En Josef het van Efraim kinders gesien van die derde geslag. Ook die kinders van Magir, die seun van Manasse, is op Josef se knieë gebore. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|