A A A A A
Genese 50
21
Moenie bang wees nie. Wees verseker: Ek sal self vir julle en julle gesinne sorg.” Hy het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

21
Julle moenie nou bang wees nie. Ek sal vir julle en julle kinders sorg.” Josef was baie vriendelik met sy broers en hy het mooi met hulle gepraat. Toe was hulle nie meer bang nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

21
Julle hoef regtig niks te vrees nie. Tot die einde toe sal ek vir julle en julle kinders sorg.” Josef se woorde was vol deernis en sy liefde teenoor sy broers het hulle getroos en bemoedig.
Afrikaanse Bybel DB 2006

21
Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.” Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel.
Afrikaanse Bybel 1983

21
Wees dan nou nie bevrees nie: ,k sal julle en julle kinders onderhou. So het hy hulle dan getroos en na hulle hart gespreek.
Afrikaanse Bybel 1933/1953