A A A A A
Genese 50
20
Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is. Hy het deur my gesorg dat ’n groot volk oorleef.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
Julle het slegte planne gemaak teen my, maar God het dit verander en Hy het dit 'n goeie plan gemaak. Hy het julle plan gebruik om baie mense se lewens te red, tot vandag toe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
Julle het ’n vreeslike ding gedoen, maar God het die slegte ding in iets goeds verander. Baie mense leef vandag en het kos omdat julle my daardie dag verkoop het.
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het.
Afrikaanse Bybel 1983

20
Want julle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om 'n groot volk in die lewe te hou.
Afrikaanse Bybel 1933/1953