A A A A A
Genese 50
17
om vir jou te sê: ‘Vergewe jou broers tog vir die groot onreg wat hulle jou aangedoen het.’ Vergeef ons tog nou, want ons dien ook die God van jou pa.” Toe Josef hierdie boodskap kry, het hy in trane uitgebars.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

17
ons moet jou vra om ons te vergewe. Ons het 'n baie verkeerde ding gedoen teen jou. Ons het groot sonde gedoen. Daarom, Josef, vergewe asseblief die verkeerde ding wat ons gedoen het. Ons is ook dienaars van jou pa se God.” Josef het gehuil toe hulle dit vir hom sê.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

17
Soos jy weet, staan ons voor jou en Pa se God skuldig. Maar nou, Josef, vra ons jou mooi om ons daardie dag se verskriklike daad te vergewe.” Josef het begin huil toe hy die boodskap hoor.
Afrikaanse Bybel DB 2006

17
‘Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad. Ons dien ook die God van u vader.” Josef het gehuil oor wat hulle vir hom laat weet het.
Afrikaanse Bybel 1983

17
So moet julle vir Josef sê: Ag, vergewe tog die oortreding van jou broers en hulle sonde, want hulle het jou kwaad aangedoen. Maar nou, vergewe tog die oortreding van ons wat die God van u vader dien. En Josef het geween toe hulle met hom spreek.
Afrikaanse Bybel 1933/1953