A A A A A
Genese 50
15
Ná hulle pa se dood het Josef se broers bang geword. “Nou gaan Josef ons terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het,” het hulle gesê.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

15
Nadat Jakob gesterf het, het Josef se broers bekommerd geword en hulle het vir mekaar gesê: “Nou sal Josef dink aan die slegte dinge wat ons aan hom gedoen het, en hy sal ons terugbetaal. Hy sal ook aan óns slegte dinge doen. Hy sal ons vyand word.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

15
Hulle besluit toe om ’n boodskap vir Josef te stuur.
Afrikaanse Bybel DB 2006

15
Na hulle pa se dood het Josef se broers gevra: “En as Josef nog steeds 'n grief teen ons het en ons nou gaan terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het?”
Afrikaanse Bybel 1983

15
Toe die broers van Josef sien dat hulle vader dood was, het hulle gesê: Sê nou Josef gaan ons as vyande behandel en hy gaan ons werklik vergelde al die kwaad wat ons hom aangedoen het!
Afrikaanse Bybel 1933/1953