A A A A A
Genese 50
14
Josef het saam met sy broers en almal wat hom na sy pa se begrafnis vergesel het, na Egipte toe teruggekeer.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Nadat Josef sy pa begrawe het, het hy teruggegaan na Egipte, hy en sy broers en almal wat saam met hom gegaan het om sy pa te begrawe.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Na Jakob se dood het die lewe weer sy gewone gang gegaan. Josef se broers was egter onrustig en het vir mekaar gesê: “Sê nou Josef haat ons en hy wil ons terugkry vir alles wat ons aan hom gedoen het?”
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
Na die begrafnis is Josef en sy broers en almal wat met hom saam is om sy pa te gaan begrawe, terug Egipte toe.
Afrikaanse Bybel 1983

14
Daarna het Josef na Egipte teruggegaan, hy en sy broers en almal wat saam met hom opgetrek het om sy vader te begrawe, nadat hy sy vader begrawe het.
Afrikaanse Bybel 1933/1953