A A A A A
Genese 50
10
Toe hulle by die dorsvloer van Atad, oos van die Jordaan aankom, het hulle sewe dae lank daar oor hulle pa gerou en getreur.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

10
Naby die Jordaan-rivier het hulle by die dorsvloer van Atad gekom. Hulle het daar sewe dae lank oor hulle pa gehuil en getreur.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

10
Toe hulle by Atad aan die oostekant van die Jordaan kom, het hulle eers gestop. Almal het bymekaargekom en weer lank oor Jakob gehuil en gerou. Hulle het sewe dae lank daar gebly en oor Jakob se lewe nagedink en oor hom gerou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

10
Toe hulle by die dorsvloer van Atad oos van die Jordaan kom, het hulle sewe dae lank daar getreur en gerou oor hulle pa. Hulle het baie getreur oor hom.
Afrikaanse Bybel 1983

10
En toe hulle by die Steekdoring-dorsvloer kom, wat oos van die Jordaan lê, het hulle daar 'n groot en baie swaar rouklag gehou. En hy het oor sy vader rou laat bedrywe sewe dae lank.
Afrikaanse Bybel 1933/1953