A A A A A
Genese 43
9
Ek sal persoonlik instaan vir sy veiligheid. As ek hom nie terugbring nie, sal ek vir altyd skuldig wees teenoor Pa.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Ek sal seker maak dat hy veilig is. Ek belowe dat ek vir Benjamin sal oppas. As ek hom nie terugbring sodat hy hier voor Pa kom staan nie, dan sal ek altyd skuldig wees by Pa.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Ek sal volle verantwoordelikheid vir Benjamin neem en ek sal vir hom sorg. U kan my verantwoordelik vir hom hou. As ek hom nie veilig terugbring nie, is ek lewenslank aan sy dood skuldig.
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Ek waarborg hy sal terugkom. Pa kan hom van my eis. As ek hom nie vir Pa terugbring en hom hier voor Pa kom laat staan nie, sal ek vir altyd by Pa in die skuld wees.
Afrikaanse Bybel 1983

9
Ek sal vir hom borg wees; van my hand kan u hom eis. As ek hom nie na u bring en voor u stel nie, sal ek lewenslank teenoor u skuldig staan.
Afrikaanse Bybel 1933/1953