33 |
Josef het vir sy broers hulle plekke aangewys. Tot hulle verbasing was dit in volgorde van hulle ouderdomme, van die oudste tot die jongste. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
33 |
Die broers het voor Josef gesit, elkeen op sy eie plek. Die slawe het die broers langs mekaar laat sit, van die oudste tot die jongste. Die broers het na mekaar gekyk en hulle was verbaas. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
33 |
Almal het teenoor Josef gesit, maar hulle is volgens ouderdom ingedeel, van die oudste tot die jongste. Die broers was baie verbaas hieroor. Hoe sou Josef tog hulle ouderdomme geken het? |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
33 |
Die broers het teenoor Josef gesit, volgens hulle ouderdom: van die oudste af tot die jongste. Hieroor het die manne mekaar verbaas aangekyk. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
33 |
En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|