A A A A A
Genese 43
31
Nadat hy sy gesig gewas het, het hy teruggekom. Met sy emosies nou onder beheer, het hy beveel: “Bring die kos!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

31
Daarna het hy sy gesig gewas en teruggekom. Hy was kalm en hy het gesê: “Sit die kos op die tafel.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

31
Daarna het hy sy gesig gewas en na sy broers toe teruggestap. Hy was weer in volle beheer van homself en het beveel dat die kos bedien moet word.
Afrikaanse Bybel DB 2006

31
Daarna het hy sy gesig gewas en teruggegaan. Hy was weer homself en hy het gesê: “Bedien die ete.”
Afrikaanse Bybel 1983

31
Daarna het hy sy gesig gewas en uitgekom en hom bedwing en gesê: Bring die ete op!
Afrikaanse Bybel 1933/1953