A A A A A
Genese 43
2
Toe die graan wat hulle van Egipte af gebring het, begin opraak, het Jakob vir sy seuns gesê: “Gaan terug en koop weer vir ons ’n bietjie kos.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

2
Die koring wat Jakob se seuns in Egipte gaan koop het, het ook alles opgeraak. Hulle pa het vir hulle gesê: “Julle moet teruggaan en julle moet kos vir ons gaan koop.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

2
Toe die kosvoorraad amper op was, het Jakob gesê: “Gaan terug Egipte toe en kyk of daar nog kos is vir ons.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

2
en toe die kos begin opraak wat die broers uit Egipte gebring het, sê hulle pa vir hulle: “Julle moet maar weer vir ons 'n bietjie kos gaan koop.”
Afrikaanse Bybel 1983

2
En nadat die koring wat hulle uit Egipte gebring het, opgeëet was, sê hulle vader vir hulle: Gaan koop vir ons weer 'n bietjie voedsel.
Afrikaanse Bybel 1933/1953