A A A A A
Genese 43
14
Mag God Almagtig julle genadig wees wanneer julle by die man aankom en mag hy Simeon vrylaat en Benjamin terugstuur. As ek dan van kinders beroof moet word, moet ek maar beroof word.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

14
Ek bid dat God die Almagtige sal help dat die man vriendelik met julle sal wees. Ek bid dat hy julle broer Simeon en ook vir Benjamin sal laat terugkom saam met julle. Ek is bang ek verloor al my seuns.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

14
Mag die groot en almagtige God so vir julle sorg dat die man in Egipte net deernis vir julle sal hê. En mag hy julle broer Simeon vrylaat en hom saam met Benjamin terugstuur. Moenie julle oor my bekommer nie, want as ek moet swaarkry, moet ek swaarkry.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

14
God die Almagtige sal sorg dat die man julle goedgesind is en julle ander broer terugstuur en ook vir Benjamin. En ek, as ek dan my kinders moet verloor, moet ek hulle maar verloor.”
Afrikaanse Bybel 1983

14
En mag God, die Almagtige, julle barmhartigheid verleen by die man, sodat hy julle ander broer en Benjamin saam met julle kan laat trek! En ek -- as ek van kinders beroof is, dan is ek beroof.
Afrikaanse Bybel 1933/1953