1 |
Na ’n tyd het die hoof van die koning se skinkers en die hoof van sy bakkers teen hom oortree. |
2 |
Die farao was baie ontevrede met die twee amptenare |
3 |
en het hulle in dieselfde tronk gegooi waar Josef was. Dit was die tronk van die hoof van Farao se lyfwag. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Ná 'n tyd het 'n skinker en 'n bakker van die farao van Egipte iets teen die farao gedoen wat verkeerd was. |
2 |
Die farao was baie kwaad vir hierdie twee amptenare. Hulle was die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers. |
3 |
Die farao het hulle laat toesluit in die huis van die hoof van die wagte wat hom opgepas het. Dit was dieselfde plek waar Josef 'n gevangene was. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Na ’n ruk het die farao se skinker en bakker hulle koning kwaad gemaak. |
2 |
Hy was so kwaad vir sy hoofskinker en hoofbakker dat hy hulle summier in die tronk gestop het. |
3 |
Albei is ook onder die direkte toesig van die hoof van die tronkwag geplaas. Hulle het in dieselfde tronk as Josef beland. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
'n Ruk nadat Josef in die tronk gesit is, het 'n skinker en 'n bakker van Egipte se koning verkeerd opgetree teenoor hulle koning. |
2 |
Die farao het kwaad geword vir sy twee amptenare, die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers. |
3 |
Hy het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was, in die gebou van die koninklike lyfwag. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
Nhierdie dinge het die skinker van die koning van Egipte en die bakker hulle misgaan jeens hulle heer, die koning van Egipte, |
2 |
sodat Farao baie kwaad geword het vir sy twee hofdienaars, die voorman van die skinkers en die voorman van die bakkers. |
3 |
En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|