3 |
en het hulle in dieselfde tronk gegooi waar Josef was. Dit was die tronk van die hoof van Farao se lyfwag. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
3 |
Die farao het hulle laat toesluit in die huis van die hoof van die wagte wat hom opgepas het. Dit was dieselfde plek waar Josef 'n gevangene was. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
3 |
Albei is ook onder die direkte toesig van die hoof van die tronkwag geplaas. Hulle het in dieselfde tronk as Josef beland. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
3 |
Hy het hulle in dieselfde tronk laat sit waarin Josef opgesluit was, in die gebou van die koninklike lyfwag. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
3 |
En hy het hulle in bewaring gegee in die huis van die owerste van die lyfwag, in die gevangenis, die plek waar Josef gevange was. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|