A A A A A
Genese 40
20
Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag. Hy het ’n groot feesmaal gereël vir al sy amptenare. Hy laat haal toe die hoof van die skinkers en die hoof van die bakkers en verhoor hulle voor almal.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

20
Drie dae later het die farao verjaar en hy het 'n groot fees gehou vir al sy mense. Hy het toe gedink aan die hoof van die skinkers en aan die hoof van die bakkers en hy het hulle uit die tronk laat kom.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

20
En dit het presies so gebeur. Drie dae later het die farao verjaar en hy het ’n groot fees vir al sy onderdane gehou. Op die feesdag het die farao aan die hoofskinker en die hoofbakker gedink.
Afrikaanse Bybel DB 2006

20
Drie dae later was dit die farao se verjaarsdag en hy het al sy amptenare op 'n groot ete onthaal. Daar voor sy amptenare het hy aandag gegee aan die saak van die skinker en die bakker.
Afrikaanse Bybel 1983

20
En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy 'n maaltyd vir al sy dienaars berei en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers te midde van sy dienaars verhef --
Afrikaanse Bybel 1933/1953