A A A A A
Genese 40
19
Drie dae van nou af sal Farao jou kop afkap en jou liggaam aan ’n paal ophang. Die voëls sal dan jou vleis kom afpik.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

19
Oor drie dae sal die farao aan jou dink. Hy sal jou uit die tronk laat kom en hy sal jou aan 'n boom laat ophang. Die voëls sal kom en hulle sal jou vleis van jou liggaam afvreet.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

19
Binne drie dae sal die farao jou kop optel en jou aan ’n paal ophang, en al die voëls sal die vleis van jou liggaam begin opvreet.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

19
Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee, maar vir jóú sal hy aan 'n paal laat ophang en die voëls sal jou vleis van jou afvreet.”
Afrikaanse Bybel 1983

19
Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef -- hy sal jou aan 'n paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik.
Afrikaanse Bybel 1933/1953