A A A A A
Genese 40
13
Binne drie dae sal Farao jou uit die tronk laat haal en jou herstel in jou vorige posisie as hoofskinker.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

13
Oor drie dae sal die farao aan jou dink en hy sal jou werk vir jou teruggee. Jy sal weer die farao se wyn skink en sy beker vir hom gee soos voorheen toe jy sy skinker was.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

13
Oor drie dae sal die koning jou alles vergewe en jy sal jou ou pos terugkry. Dan sal jy weer soos vroeër die beker vir die farao gee. Presies soos in die dae toe jy die hoofskinker was.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

13
Oor drie dae sal die farao aan jou aandag gee en jou in jou amp herstel. Jy sal weer vir die farao sy beker aangee soos vroeër toe jy sy skinker was.
Afrikaanse Bybel 1983

13
Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef -- jou in jou rang herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was.
Afrikaanse Bybel 1933/1953