10 |
Dit het drie lote gehad wat begin bot en blom het en gou was daar trosse ryp korrels. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
10 |
Daar was drie ranke aan die wingerdstok. Daar het knoppies op die ranke gekom, dit het bloeisels geword en baie gou was daar trosse ryp druiwekorrels. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
10 |
Aan die wingerdstok was daar drie ranke. Elke rank het skaars uitgeloop of dit staan in volle bloei en na ’n ruk het daar ryp trosse druiwe gehang. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
10 |
en aan die wingerdstok was daar drie lote. Dit het kwalik gebot of daar was al blomme, en toe is die trosse druiwe ryp. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
10 |
en aan die wingerdstok was drie ranke; en skaars het hy gebot of sy bloeisel was uit, sy trosse het ryp druiwe geword. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|