A A A A A
Genese 37
9
Daarna het Josef nog ’n droom gehad en hy vertel dit weer aan sy broers. “Luister na hierdie droom,” sê hy. “Die son, maan en elf sterre het voor my kom neerbuig!”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

9
Josef het weer gedroom en hy het vir sy broers vertel wat hy gedroom het. Hy het gesê: “Ek het weer gedroom. Ek het gedroom dat die son en die maan en elf sterre voor my kom buig.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

9
Josef het nog ’n droom gehad en het dit sowaar weer vir sy broers loop en vertel. “Hoor hier,” het hy gesê, “ek wil julle van ’n ander droom vertel. Hierdie keer was dit die son, die maan en elf sterre wat gekom en voor my gebuig het.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

9
Hy het ook nog 'n ander droom gehad en hy het dit vir sy broers vertel. Hy het gesê: “Ek het weer gedroom. Die son en die maan en elf sterre het voor my kom buig.”
Afrikaanse Bybel 1983

9
Daarna het hy nog 'n ander droom gehad en dit aan sy broers vertel en gesê: Kyk, ek het nog 'n droom gehad -- die son en die maan en elf sterre het hulle voor my neergebuig.
Afrikaanse Bybel 1933/1953