A A A A A
Genese 37
36
Intussen het die handelaars Josef in Egipte aan Potifar verkoop, ’n beampte van die farao, die koning van Egipte. Potifar was die hoof van die farao se lyfwag.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

36
Die Midianiete het vir Josef in Egipte aan Potifar verkoop. Potifar was 'n belangrike amptenaar van die farao. Hy was hoof van die wagte wat die farao moes oppas.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

36
Intussen het Josef in Egipte aangekom, waar die Midianiete hom aan Potifar verkoop het. Potifar was die hoof van die Egiptiese koning se lyfwagte.
Afrikaanse Bybel DB 2006

36
Die Midianiete het vir Josef in Egipte verkoop aan Potifar. Hy was aan die farao se paleis verbonde as hoof van die lyfwag.
Afrikaanse Bybel 1983

36
En die Midianiete het hom na Egipte verkoop aan Potifar, 'n hofdienaar van Farao, die owerste van die lyfwag.
Afrikaanse Bybel 1933/1953