A A A A A
Genese 37
34
Toe skeur Jakob sy klere en trek rouklere aan. Hy het baie dae lank oor sy seun getreur.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

34
Jakob was baie hartseer. Hy het sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het 'n lang tyd oor sy seun gehuil en getreur.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

34
Jakob het toe opgestaan, sy klere begin skeur en ’n sak om hom gedraai. Hy was baie hartseer oor Josef se dood en het lank oor hom gerou.
Afrikaanse Bybel DB 2006

34
Jakob het sy klere geskeur en rouklere aangetrek. Hy het lank oor sy seun getreur.
Afrikaanse Bybel 1983

34
Toe skeur Jakob sy klere en trek 'n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
Afrikaanse Bybel 1933/1953