33 |
Hulle pa het dit dadelik herken. “Ja,” sê hy. “Dit is my seun se kleed. Dis seker ’n wilde dier wat hom gevang en opgevreet het. Josef is sekerlik verskeur!” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
33 |
Jakob het daarna gekyk en gesê: “Dit is my seun se rok. 'n Wilde dier het hom doodgemaak en opgevreet. Die dier het my seun Josef verskeur!” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
33 |
Hy het dit onmiddellik herken en gesê: “Dit is werklik Josef se klere dié. ’n Wilde dier moes hom aangeval en verskeur het. Josef is uitmekaargeskeur!” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
33 |
Israel het dit herken en gesê: “Dit is my seun se klere. 'n Roofdier het hom opgevreet. Josef is opgevreet!” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
33 |
En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! 'n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|