13 |
Toe hulle vir ’n tyd lank weg was, sê Jakob vir Josef: “Jou broers is met die vee daar anderkant by Sigem. Ek wil jou na hulle toe stuur.” “Goed, Pa,” sê Josef. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
13 |
Jakob het vir Josef gesê: “Jou broers pas die skape en bokke op in Sigem. Jy moet na hulle toe gaan.” Josef het gesê: “Goed, Pa, ek sal gaan.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
13 |
Jakob het vir Josef gesê: “Jou broers is naby Sigem met die skape. Ek stuur jou na hulle toe. Jy moet gaan kyk hoe dit met hulle gaan.” “Goed, ek sal gaan,” het Josef geantwoord. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
13 |
Toe sê Israel vir Josef: “Kyk, jou broers pas die kleinvee op in Sigem. Ek wil jou na hulle toe stuur.” Josef het geantwoord: “Goed, Pa!” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
13 |
Toe sê Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|