1 |
Jakob het hom weer in die land Kanaän gaan vestig waar sy pa gewoon het. |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
1 |
Jakob het in Kanaän gewoon. Sy pa Isak was voorheen daar 'n vreemdeling. |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
1 |
Jakob het intussen besluit om in Kanaän aan te bly, in dieselfde land waar sy pa al die jare gewoon en rondgetrek het. |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
1 |
Jakob het in Kanaän gebly, die land waar sy voorvaders ook as vreemdelinge gebly het. |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
1 |
En Jakob het gewoon in die land van die vreemdelingskap van sy vader, in die land Kanaän. |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|