A A A A A
Genese 24
1
Teen hierdie tyd was Abraham ’n baie ou man. Die Here het hom op alle terreine geseën.
2
Op ’n dag sê hy vir die oudste slaaf wat oor sy huishouding aangestel is: “Kom sit jou hand hier,
3
en lê ’n eed af by die Here, die God van die hemel en die aarde, dat jy nie sal toelaat dat my seun met een van hierdie plaaslike Kanaänitiese meisies trou nie.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

1
Abraham was al baie oud. Die Here het Abraham baie ryk gemaak.
2
Abraham het vir sy hoofslaaf, die slaaf wat al sy goed opgepas het, gesê: “Sit asseblief jou hand onder my heup
3
en belowe voor die Here, die God van die hemel en die aarde. Belowe dat jy nie my seun sal laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete tussen wie ek woon nie.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

1
Abraham was nou baie oud, maar die Here was naby aan hom en dit het goed met hom gegaan.
2
Op ’n dag het hy sy oudste en betroubaarste werker, die een wat in beheer van al sy geldsake was, nader geroep en vir hom gesê: “Kom sit jou hand op my heup en maak ’n belofte.
3
Jy moet my in die Naam van die Here, die God van die hemel en die aarde, beloof dat jy nie vir my seun ’n Kanaänitiese vrou sal kies uit die mense waartussen ek bly nie.
Afrikaanse Bybel DB 2006

1
Abraham was al baie oud, en die Here het hom in alles geseën.
2
Abraham het vir sy slaaf gesê, vir die vernaamste in sy huis, die een wat in beheer was van sy besittings: “Sit jou hand onder my heup
3
dat jy vir my met 'n eed in die Naam van die Here die God van die hemel en die aarde kan beloof dat jy nie my seun sal laat trou met 'n dogter van die Kanaäniete by wie ek nou woon nie;
Afrikaanse Bybel 1983

1
En Abraham was oud en ver op sy dae, en die HERE het Abraham in alles geseën.
2
Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,
3
dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kana„niete onder wie ek woon nie;
Afrikaanse Bybel 1933/1953