A A A A A
Genese 24
7
Die Here, die God van die hemel wat my uit my pa se huis en my geboorteland geroep het, het met ’n eed belowe om hierdie land aan my nageslag te gee. Hy sal sy engel voor jou uitstuur en sorg dat jy daar ’n meisie kry wat met my seun sal trou.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

7
Die Here, die God van die hemel wat my uit my pa se familie en uit my geboorteland laat trek het, het met my gepraat en Hy het vir my belowe: ‘Ek sal hierdie land vir jou nageslag gee.’ Die Here sal sy engel stuur en jy sal hom volg, sodat jy vir my seun daar in my eie land 'n vrou kan kry.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

7
Baie lank gelede het die Here, die God van die hemele, my laat wegtrek van my pa se huis en van my mense se land. En die Here het my beloof dat Hy hierdie land waarin ek nou woon, eendag aan my nageslag sal gee. Moet dus nie bang wees nie, want die Here sal sy engel voor jou uitstuur en hy sal jou help om vir Isak ’n vrou te kry.
Afrikaanse Bybel DB 2006

7
Die Here die God van die hemel het my weggevat uit my familie, uit die wêreld waar ek gebore is, en my met 'n eed beloof: ‘Ek gee hierdie land waar jy nou is, aan jou nageslag.’ Die Here sal sy engel voor jou uit stuur sodat jy vir my seun 'n vrou van my land af sal kan bring.
Afrikaanse Bybel 1983

7
Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee -- Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar 'n vrou gaan haal.
Afrikaanse Bybel 1933/1953