A A A A A
Genese 24
67
Daarna het Isak Rebekka na sy ma se tent gebring en sy het sy vrou geword. Hy was baie lief vir haar en sy was vir hom ’n groot troos ná die dood van sy ma.
Afrikaanse Bybel NLV 2011

67
Isak het vir Rebekka na sy ma Sara se tent gebring. Hy het met Rebekka getrou. Hy het lief geword vir haar, en toe sy ma sterf, was Rebekka daar om by hom te wees.
Afrikaanse Bybel ABA 2007

67
Isak het Rebekka na sy ma se tent toe gevat en hy het met haar getrou. Isak het haar liefgekry. Haar liefde het hom getroos omdat hy nog hartseer was oor sy ma se dood.
Afrikaanse Bybel DB 2006

67
Isak het vir Rebekka in die tent van Sara, sy ma, laat woon en met Rebekka getrou. Sy was sy vrou en hy het haar liefgehad. So is Isak vertroos ná sy ma se dood.
Afrikaanse Bybel 1983

67
En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad. So is Isak dan getroos ndie dood van sy moeder.
Afrikaanse Bybel 1933/1953