A A A A A
Genese 24
60
Hulle het haar geseën met die volgende seën: “Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word; mag jou afstammelinge die stede van hulle vyande oorwin.”
Afrikaanse Bybel NLV 2011

60
Hulle het Rebekka gegroet en vir haar gesê: “Ons suster, ons bid dat die Here jou sal seën, sodat jou nageslag baie duisende sal wees, sodat hulle ook al hulle vyande se stede sal oorwin.”
Afrikaanse Bybel ABA 2007

60
Almal het vir oulaas om Rebekka gestaan en gesê: “Ons suster, mag jy baie kinders hê, duisend maal tien duisend kinders. En mag jou nageslag sterk wees, sterk genoeg om die vyand se stede te oorwin.”
Afrikaanse Bybel DB 2006

60
Hulle het vir Rebekka met seënwense gegroet en vir haar gesê: “Ons suster, mag jou nageslag tienduisende word, mag hulle die stede van hulle vyande verower!”
Afrikaanse Bybel 1983

60
En hulle het Rebekka geseënen aan haar gesê: Ons suster, mag jy duisende van tien duisende word, en mag jou nageslag die poort van sy vyande in besit neem!
Afrikaanse Bybel 1933/1953