54 |
Toe eers het die slaaf en die mense saam met hom aandete geëet en daar oorgebly. Vroeg die volgende oggend sê hy: “Stuur my terug na my meester toe.” |
Afrikaanse Bybel NLV 2011 |
|
54 |
Hy en die ander mans wat by hom was, het geëet en gedrink en gaan slaap. Toe hulle die volgende oggend opstaan, het hy gesê: “Nou wil ek teruggaan na my eienaar toe.” |
Afrikaanse Bybel ABA 2007 |
|
54 |
Toe het hy en die mans geëet en gedrink en die nag daar oorgebly. Die volgende oggend het die werker gesê: “Ek wil baie graag nou teruggaan.” |
Afrikaanse Bybel DB 2006 |
|
54 |
Toe het die slaaf en die mense wat by hom was, geëet en daar oornag. Die volgende môre het hulle opgestaan en toe sê hy: “Laat my vertrek na my eienaar toe.” |
Afrikaanse Bybel 1983 |
|
54 |
En hulle het geëet en gedrink, hy en die manne wat by hom was, en die nag oorgebly. Toe hulle die môre vroeg opgestaan het, sê hy: Laat my trek na my heer! |
Afrikaanse Bybel 1933/1953 |
|